top of page
Racing pigeons for sale
Voorwoord
Ek is betrokke in duiwesport sedert 1985 .Ek het saam met groot geeste in duiwesport gevlieg en soos alle duiweboere wil ons nie net duiwe vlieg nie maar ons wil wen. Om te wen betaal jy deur die jare baie skoolgeld en op 'n staduim in jou lewe besef jy dat jy nooit alles oor duiwe sal weet nie. Om kompeterend duiwe te vlieg moet jy nie net goeie duiwe hê nie, jy moet super duiwe hê. Ondervinding in die sport het my geleer dat duiweboere nie maklik van hulle duiwe uit top genetika beskikbaar sal stel nie.
Ek het ook geleer dat top duiwe ook nie altyd net super duiwe teel nie en dat die teel van duiwe eintlik as 'n wetenskap gesien kan word wat met baie geluk gepaard gaan. Ek is egter oortuig dat die moontlikheid op sukses groter is wanneer daar uit beproefde lyne of rasse geteel word. Sekere duiwe het reeds vir geslagte gewys dat hulle op gereelde basis
wenners teel uit wen families, tog is daar geen waarborg dat wanneer twee wenners met mekaar gepaar word dat hulle wenners sal teel nie.
Ek het 'n besluit geneem om duiwe in Europa te koop uit top geselekteerde en beproefde duiwe families. Die Belge het reeds jare gelede besluit om die beste duiwe in Belgie te behou en hulle sal dus oorwegend nooit die''boom" verkoop nie maar wel van die ''vrugte''. Daaruit kan jy aflei dat hulle nie die top duiwe self sal verkoop nie maar wel kinders of direkte familie van die wenners of Asduiwe.
Ek het my navorsing gedoen en besluit om duiwe so na as moontlik aan die Nasionale wenners of Nasionale Asduiwe aan te koop. Ek moet dit ook duidelik stel dat ek nie onbeperkte fondse het nie en kon ook nie altyd koop wat ek graag wou koop nie.
Vir die wat sou belangstel bied ek geselekteerde duiwe te koop uit sekere rasse teen billikke pryse. Ek het vaste pryse gekoppel aan duiwe, gaan kyk gerus onder te koop afdeling.
bottom of page